Vir alle inligting met betrekking tot COVID-19, besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webblad by www.sacoronavirus.co.za
Screen Size

STUDIENUUS

3 Maniere om akademiese sukses vir jou kinders binne bereik te plaas

April 22, 2023
3 Maniere om akademiese sukses vir jou kinders binne bereik te plaas

Stel hierdie paar nuwe riglyne in plek om jou kinders te help om akadiese sukses te behaal ten spyte van hul groot werkslading:  

MAAK SEKER HULLE EET GOED 
Die brein werk soos 'n enjin - wanneer dit genoeg brandstof het is die werksverrigting daarvan tops! Oorweeg hierdie jaar jou kind se dieet sorgvuldig. Kry hulle by elke maaltyd 'n verskeidenheid nurtrientryke kosse in? Probeer om verfynde stysels en suiker uit te sny, en vul eerder die yskas en spens met vars vrugte, volgraan-snoephappies en proteïenryke kosse soos volroom-jogurt en neute.  

As jy sukkel om jou kinders te kry om ontbyt te eet, kyk of 'n gladdejantjie ('smoothie') moontlik die ding kan doen. Hier is 'n paar lekker resepte om tuis te probeer. As dinge regtig rof gaan en jou skedule net te druk is, is daar 'n plaaslike supermark-ketting wat 'n reeks gesonde reeds-voorbereide maaltye en snoephappies te koop het wat deur 'n selebsjef en sy dogter ontwikkel is - 'n wonderlike opsie vir ouers wat heeltyd op die wapad is. 

ONTWIKKEL ‘N SKEDULE WAT VIR JUL GESIN WERK
Elke gesin is verskillend. In party huise het beide ouers 'n 8-5 skedule, wat beteken dat elke dag basies dieselfde lyk. Ander gesinne het ouers wat op 'n vryskut-basis werk, met elke dag wat 'n nuwe rits tyd-uitdagings bring. En in ander is daar gesinne met 'n enkel-ouer wat die rolle van beide ma en pa moet vervul. Die geheim is om 'n skedule te ontwikkel wat vir julle gesin werk. Moenie probeer om dinge aan te pak soos die 'perfekte' gesin onder in die straat nie; jy skiet jouself net in die voet. Gaan sit saam met jou kinders en werk 'n skool-speel-studie skedule uit wat aangepas is rondom hulle behoeftes.

WIN PROFESSIONELE HULP IN
As jy bekommerd is dat jou kind agter raak met hul leerwerk omdat jy nie tyd het om hulle by te staan met hul navorsing- en studie-pogings nie is daar 'n manier om die lading minder te maak. Studiemeester bied kwaliteit-leermateriale en aanlyn leerder-ondersteuning. Besoek hul webtuiste om meer te wete te kom oor hul handboek-opsommings, klastoespraak-skryfdieneste en taaknavorsingshulp. 

Wanneer jy hierdie basiese riglyne in plek het behoort jou kind maklik die weg te baan na akademiese sukses. Hou in komende weke en maande 'n oog op ons blog vir nog raad oor ouerskap in die nuwe eeu. 

© 2025 Studiemeester - Alle regte voorbehou.  |  Privaatheidsbeleid  |  Vrywaringsklousule  |  Terme & Voorwaardes