Vir alle inligting met betrekking tot COVID-19, besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webblad by www.sacoronavirus.co.za
Screen Size

STUDIENUUS

Sukkel jou kind met eksamenstres?

January 04, 2024
Sukkel jou kind met eksamenstres?

Hoe kan 'n ouer die uitdagings verlig wat 'n eksamen aan 'n kind stel en hulle help om doeltreffend voor te berei? Kenners gee raad op Netwerk24. 


WELKOM BY STUDIEMEESTER
Met huiswerkvlakke wat deesdae eksponensieël styg, selfs op laerskoolvlak, is baie van ons kinders heeltemal oorweldig met die hoeveelheid take wat hulle smiddae na skool moet verrig. Soveel so dat lande soos Finland nou begin het om stappe te neem om die idee van huiswerk heeltemal af te skaf.

Huiswerk gaan vir die voorsienbare toekoms 'n realiteit in die Suid-Afrikaanse konteks wees en Studiemeester™ bied aan ouers die opsie om hul kinders se leerwerklas te verlig sonder om hul akademiese groei te belemmer. Studiemeester™ is 'n innoverende nuwe leerlingondersteuningsplatform wat ouers die geleentheid bied om hul kinders se leerwerklading te verlig sonder om hul akademiese groei te stuit.

Ouers en skoolgaande kinders kan nou deur Studiemeester™ gehalte opsommings aflaai wat leerders tyd spaar en sodoende meer studeertyd gun. Ons span is ook beskikbaar om leerders by te staan met die skryf van klastoesprake en met navorsing vir take.

Hierdie tipe bystand haal die druk van jou as ouer af wat nie noodwendig tyd het om jou kind na ure by te staan met hierdie tipe navorsing nie en gee jou kind 'n welkome hupstoot wat hulle die selfvertroue sal gee om te presteer. 

Foto Krediet: Gallo Images/Getty Images 

© 2024 Studiemeester - Alle regte voorbehou.  |  Privaatheidsbeleid  |  Vrywaringsklousule  |  Terme & Voorwaardes